TUIS

Published Newspaper

Click to read Newspaper
Banner

Kontak Ons

 
Soccer spirit stay awake PDF Print E-mail
Written by Heilie Combrink   
Friday, 23 April 2010 12:44

Riebeek College recently hosted a stay awake for the entire junior school with a soccer spirit theme. Seen above are (back from left) L. Relling (junior headgirl), Z. Isaacs (junior deputy headgirl), Mr B. Jonas, T. DeMeillon, K. Joseph, S. Flippance and N. Dajee. In front are C. Erasmus and A. Magidimesi.

Last Updated on Monday, 26 April 2010 13:52
 
Richard Terblanche en Cleo Giliomee PDF Print E-mail
Written by Heilie Combrink   
Friday, 23 April 2010 12:36
Student steeds in komaTwee Oos-Kaapse studente was in 'n tragiese ongeluk buite Welkom betrokke waarin een noodlottig beseer is en die ander student steeds in 'n koma is.
  Mnr. Richard Terblanche (20) van Kirkwood en sy vriendin me. Cleo Giliomee (19) van Uitenhage was op pad na Potchefstroom toe die ongeluk plaasgevind het. Hulle het blykbaar by 'n stopstraat gewag om toegang tot die snelweg te kry en nie 'n aankomende motor gesien nie. Die ander motor het hulle volspoed teen die kant getref.
  "Net 'n wonderwerk kan haar deurtrek. Dit is 'n ramp. Ons hoop en bid dat sy beter gaan word," sê mnr. André Vosloo, Giliomee se stiefpa.
  Giliomee is in die Rosepark Kliniek in Bloemfontein opgeneem en is steeds in 'n koma.
  Volgens Vosloo, wat sedert die ongeluk in Bloemfontein is, was dit Dinsdag, 13 April Giliomee se 13de dag in 'n koma en was daar nog geen verbetering in haar toestand nie.
  "Infeksie het ingetree en sy is nou in isolasie geplaas. Haar bekken, heup en ribbes is gebreek en inwendig het sy ook baie seergekry," sê Vosloo.   
  Terblanche het in 2008 aan HTS Daniel Pienaar gematrikuleer en daarna aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom begin studeer. Hy is verlede Vrydag in Kirkwood ter ruste gelê.
  Giliomee het verlede jaar aan Die Brandwag Hoërskool gematrikuleer en vanjaar met 'n kursus in skoonheidskunde aan die Potchefstroom Akademie begin.
  Vriende van André en Marlene Vosloo het dit goedgedink om hulle finansieël te ondersteun in Bloemfontein waar hulle waak oor hulle dogter en stiefdogter.
  Omdat dit onbekend is vir hoe lank hulle daar moet bly en verblyfskostes so duur is, is ‘n fonds op die been te bring by Absa bank op Uitenhage. Die rekeningnaam is: M. Jeffrey vir Cleo rek nr. 9243374463 takkode 632005. (Administrasie deur mnr. Neil Bradley van Absa).
  ‘n Vriendin van Giliomee, Lizanne Calitz, het ‘n groep “Bid vir Cleo” op Facebook gestig waar daar tans 740 lede is. Belangstellendes word uitgenooi om aan te sluit!
Last Updated on Monday, 26 April 2010 13:53
 
Mrs SA semi-finalist from Kirkwood PDF Print E-mail
Written by hein.smith   
Friday, 23 April 2010 12:29
Mrs SA semi-finalist from KirkwoodChantal van der Merwe (22) from Kirkwood loves a good challenge and being a semi-finalist in the Mrs South Africa 2010 competition is a magnificent "self challenge" whilst doing something good for her community.
  Although she will get married only on the 24th April 2010 to Malan Smith, the organisers of the event said all is fine as long she is wedded by 22nd May 2010. This will be the day of the announcement of the Mrs SA 2010 finalists.
  She was invited to take part in the Mrs SA competition through previously being a contestant in the Miss PE beauty pageant .
  "I decided to give it a go as it gives me a chance to make a difference not only in my community through charitable events, but also on a wider scale with the assistance and guidance of the Mrs South Africa co-coordinators and mentors.
  "My family, friends and future husband support me all the way and I would like to thank them. I would also like to thank my sponsors namely CJ+K Geyer, Chameleon Restaurant, DVD Wonderland and EC Finance," said Chantal.
  Being a semi-finalist in the competition, she has to raise R10 000 through charitable events, which she has to plan and co-ordinate. Contestants will be judged on how they have managed their events.
  Chantal planned two events. The first was a "Mother & Daughter" evening which was held yesterday. Her following event will be a golf day at the Kirkwood Golf Club on the 1st May 2010.
  "I have to raise my R10 000 through these events! So, if anybody would like to support me and thereby our community, please do so and donate with your hearts," said Chantal.
  To participate in the golf day contact Chantal at 076 819 8339 or Kirkwood Golf Club 042 230 0452.
 
Annibrand-teater "kook" met pittige produksies PDF Print E-mail
Written by Heilie Combrink   
Friday, 23 April 2010 12:35

Die Hoërskool Brandwag se Anibrandfees is nie 'n "koel" kultuurfees nie, maar een wat gaan "kook" met 'n verskeidenheid programme wat aangebied word. Die fees duur vanaf 30 April tot 1 Mei.
  Die Anibrand-teater spog vanjaar met twee produksies naamlik Altus Theart se "Hoe 'n man se kop werk" en die bekende storieverteller en skrywer, Antoinette Pienaar, met haar produksie "Antoinette hou Konsert".
  Pienaar sal karoostories vertel soos net sy op haar pittige wyse kan. Sy sal onder andere gesels oor die aardigheid as die reën in die Karoo val en hoe reëndae mans en vroue op verskillende wyses affekteer.
  Beide produksies word in die Barklystraat Teater aangebied. Pienaar se produksie is Vrydag, 30 April om 19:00 en is R90 per persoon. Theart se "Hoe 'n man se kop werk" word Saterdag, 1 Mei om 17:00 opgevoer. Die koste is R90 per persoon. 
  Pienaar sal ook op 1 Mei om10:00 'n kruiepraatjie hou waar sy allerlei rate gaan gee vir al wat 'n pyn en 'n skeet is. Dié praatjie word aangebied op die terrein in die Spar-tent se koffiekuierplek. Bywoning is gratis vir almal op die terrein. 
  'n Teater-werkswinkel vir hoërskoolleerders word deur die twee ervare akteurs, Zetske van Pletzen en Altys Theart aangebied. Hier sal leerders geleer word wat agter die skerms gebeur tydens  verhoog- sowel as televisieproduksies. Dié werkswinkel word op 1 Mei aangebied en die koste is R60.
  Vir meer inligting oor vanjaar se Anibrandfees besoek www.anibrandfees.co.za of skakel die vuurwarm feeslyn 074 867 5050. Kaartjies is te koop by Hoërskool Brandwag of Westway Kafee in die Baai.

 
Marimbaklanke op U'hage PDF Print E-mail
Written by Heilie Combrink   
Friday, 23 April 2010 12:16

Die bekendstelling en stigting van die Suid-Afrikaanse marimbavereniging, marimbaNATION, word op 23 en 24 April by Hoërskool Strelitzia in Uitenhage gehou.
  Verskeie werkswinkels sal aangebied word deur professionele musici en daar sal ook ‘n besondere konsert gehou word.
  Met verteenwoordigers van so ver as die Wes-Kaap, Gauteng, KZN en die Oos-Kaap beloof hierdie naweek iets besonders te wees vir liefhebbers en spelers van dié instrument.
  Alle opvoedkundiges wat die moontlikheid oorweeg om marimbas vir hulle skool aan te skaf, sowel as marimba-spelers, musiekstudente en musiekliefhebbers is welkom. Buiten die werkswinkels sal die vervaardigers van die instrumente teenwoordig wees vir vrae en die instrumente kan selfs bespeel word.
  Die bekendstelling van die professionele vereniging onder leiding van Bret Pyper vind plaas op Saterdag, 24 April.
  Saterdagaand (24 April) se konsert sal beslis ‘n besondere hoogtepunt vir musiek-liefhebbers wees. Suid Afrika se klassieke marimba/perkussie speler, Magda de Vries, sal optree as die gaskunstenaar. Sy sal solowerke op haar orkesmarimba uitvoer asook saamspan met die Nelson Mandela Bay Symphonic Wind Orchestra onder leiding van Gareth Williams (Grey College).
  Dié konsert word in Hoërskool Strelitza se skoolsaal gehou om 19:30.
  Registrasie vir deelnemers sluit Dinsdag, 20 April en die koste is R50 en sluit toegang na al die werkswinkels in asook na die konsert.
  Vir meer inligting oor die onderskeie aanbieders van werkswinkels of bywoning, skakel Romey Aylward 0832612709 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

 
 

Meningspeiling

Wat dink u van ons nuwe webtuiste?
 

Aanlyn

We have 1 guest online