Home / Vuurwarm vermaak, kos by Rissiefees

VUURWARM vermaak, ’n vuurwarm atmosfeer en natuurlik vuurwarm rissies!

Dít is wat jy alles te wagte kan wees by vanjaar se Rissiefees, wat op 3 en 4 Maart by die Laerskool Walmer-Wes in William Moffett-rylaan gehou sal word.

Feesgangers kan uitsien na ’n speelpark, lekker musiek, ’n potjiekos-kompetisie en dan ook die gewilde rissie-eet-kompetisie!

Die jongspan sal besig gehou word deur Simba die Leeu, of hul gesiggies kan allermooi verfraai word by die gesigverf-stalletjie.

Plaaslike talent, wat verskeie sang- en dans-items sal lewer, is op die spyskaart ingesluit en tydens Sondag se voorprogram vir die rissie-eet-kompetisie sal ’n groep dansers wys presies hóé om te buikdans. Dan sal die Walmer-marimba-orkes ook ’n vertoning lewer en ’n uitvoering deur doedelsak-spelers sal behoorlik hoendervleis gee.

Toegang tot die fees beloop R10 vir volwassenes en R5 vir kinders per dag. Genoeg veilige parkering op die skoolgrond sal beskikbaar wees.

Alle voornemende stalletjiehouers kan Cathy van der Merwe by 00414844540 of 00833500676 bel.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs