News / Despatch klop DP na 13 jaar

Hoërsool Despatch se eerste krieketspan het geskiedenis gemaak deur die eerste keer in 13 jaar die span van HTS Daniel Pienaar te klop.

In ‘n aanskoulike wedstryd het Daniel Pienaar eerste gekolf en ‘n goeie totaal van 194 lopies vir 9 paaltjies plat aangeteken.

Dit was ‘n groot totaal om te jaag en Despatch se span het nie ge-skroom om die uitdaging aan te pak nie. Despatch se kolwers het ‘n goeie wedstryd beleef. Die wenlopies vir Despatch was aangeteken met nog 18 balle oor en 4 paaltjies staande.

Despatch se beste bouler was Sheldon Meiring wat 5 paaltjies vir 25 lopies in 8 boulbeurte geneem het asook ‘n uithardloop bewerkstellig het.

Dit was egter goeie en berekende kolfwerk van Despatch se kolwers wat die wedstryd in hul guns beklink het. Anton (Tjoepie) Willemse het vir die tweede week goed gekolf en was uiteindelik uit vir 68 lopies. Verlede week het hy ook 52 lopies aangeteken.

Wynand Grassmann het ‘n waardevolle 37 lopies aangeteken. Ander kolwers wat hul kant gebring het was Ruan Delport.

Dit was dan ook die tweede wedstryd wat Despatch binne twee weke teen sterk krieketskole wen. Vorige naweek het hulle met Alexander Road afgereken.

)Ander uitslae (Despatch eerste) :

2de span DP wen met 4 paaltjies

3de span Despatch wen met 21 lopies

0/15 DP wen met 3 paaltjies

0/14 Despatch verloor met 89 lopies

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Saturday 2012-05-19
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs