News / Mark in Penford bied verskeidenheid

Kunsmarkte, vlooimarkte, boeremarkte, noem maar op dis so eie aan die Oos-Kaap soos “tolofias” (turksvye). ‘n Nuwe een, Mark-by-Penford, word eersdaags op Uitenhage aangebied met die doel om te wys daar is lewe op die dorp!

Die mark by Penfordstraat 31 gaan ‘n lewendige affêre wees met alles wat mens van so ‘n mark sou verwag. By die binne- en buite-stalletjies sal ‘n verskeidenheid produkte te koop aangebied word soos tuisgemaak, handgemaak, snuisterye, ornamente en gebruiksgoedere, juwele, ingemaakte produkte, vars produkte, varsgebak, tuisgemaakte roomys en veel meer. Daarmee saam sal daar genoeg sitplek wees om oor ‘n koppie koffie of tee te kuier en ‘n ete te geniet.

SDié Mark-by-Penford word op Saterdag, 25 Februarie van 08:00 tot 13:00 aangebied. Vir meer inligting skakel Estelle by 0084 651 1865.

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs