Home / Niersteen pla 11-jarige

Na byna ‘n jaar en agt maande se ondraaglike pyn wat Maudette Michau van Uitenhage moes verduur is ‘n niersteen van sowat 16mm x 10mm Dinsdag tydens ‘n operasie in die Port Elizabeth Provinsiale Hospitaal uit ‘n nier van dié 11-jarige dogter verwyder.

“Maudette het in Junie 2010 begin kla oor maagpyn en dokters het aanvanklik gedink dit is spanning wat die pyn veroorsaak. Sy is behandel maar haar toestand het nie verbeter nie,” het mev. Martie Michau gesê.

“Ons is terug hospitaal toe en daar is besluit om haar blindederm te verwyder. Nog steeds het dit nie gehelp nie. Daarna het ons haar na ‘n ginekoloog geneem, maar hy kon niks fout vind nie.”

Die Michau’s moes hulle dogter wéér na die Provinsiale Hospitaal neem waar ‘n sonar geneem is en ‘n niersteen van sowat 16mm x 10mm opgemerk is. ‘n Vernouing in Maudette se blaaspyp sowel as ‘n vergrote nier is ook tydens die sonar opgespoor.

Volgens ‘n plaaslike pediater is nierstene by kinders ongewoon.

“Ons is verwys om Kaap toe te gaan waar hulle in die Grootte Schuur Hospitaal probeer het om die niersteen op te breek met ‘n skokbehandeling, maar dit was onsuksesvol,” het mev. Michau gesê.

As gevolg van Maudette se ondraaglike pyn en gereelde doktersbesoeke het dié graad 6 leerder aan Laerskool Albertyn heelwat skooldae gemis. Haar ouers beskik ook nie oor ‘n mediese fonds nie en al meer onvoorsiene uitgawes moet betaal word.

Die ouers beplan om fondse in te samel om die onkostes te dek en mense wat graag hulle wil ondersteun kan mev. Martie Michau skakel by 0078 740 0288.

 

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs