Hierdie lede van die vroue OP hengelspan gaan volgende week aan die nasionale hengelkampioenskappe gaan deelneem. Grens is vanjaar die gasheerprovinsie vir die kampioenskappe wat van 22-24 Februarie in die Oos-Londen area aangebied word. Agter van links is Karen Kapp, Helen Potgieter, Carla de Beer en Melissa du Randt.Voor sit Darian Keaton (afrigter), Corlia Meiring (kaptein) en Louis Janeke (bestuurder). Afwesig: Elmarie Reitz en Janina Taljaardt.