Tydens die onlangse Statebond kragoptelkompetisie in Bournemouth het Christo Gerber, ‘n Daniel Pienaar matriekleerder, ‘n goue medalje in die O/74 kg afdeling verower. Hy is as Statebondkampioen van sy afdeling bekroon. Die SA kragoptelspan het 52 medaljes gewen en 8 Nelson Mandelabaai-spanlede het 27 medaljes ingeoes. Christo kon 145 kg baasraak in die “benchpress” afdeling.