Home / Vier Seisoene Teater vier die herfs

‘n Mens weet die herfs het aangebreek wanneer die son se strale laatmiddag diepgoud tussen al kaler boomtakke skyn en ‘n lekker warm koppie koffie die koeligheid op ‘n stoep verlig.

Die seisoen is besig om te draai en ter viering hiervan dié seisoen bied ATKV Maranatha se Vier Seisoene Teater hulle Hersfvertoning aan op 1 Maart om 18:40 vir 19:00.

Die kunstenaars wat tydens die geleentheid gaan optree is

Twakkies du Toit en Natasha Joubert.

Du Toit is bekend vir sy toneelspel maar hy was ook betrokke by radio-opnames en geestelike inbelprogramme.

Jong sanger Natasha Joubert is ‘n leerling van Hoërskool Brandwag en sing sedert sy 9 jaar oud was. Sy was ‘n kategoriewenner by Goue Drome musiekkompetisie en het aan verskeie musikale toneelstukke deelgeneem waar sy ‘n paar hoofrolle vertolk het.

Toegang en ‘n vingerete is gratis, maar aangesien sitplekke beperk is moet bywoning bevestig word deur Lenie by 0083 454 0697 of Heidine 0078 156 8680/0041 9333730 te skakel.

Die teater word by Ossewastraat 5 op Despatch aangebied.

  COMMENTS 
 
WEATHER
Weather for Sunday 2012-05-20
Please select your area for forecast
CPT 11° - 15° icon
PTA 7° - 25° icon
JHB 5° - 22° icon
BLOEM 0° - 17° icon
DBN 14° - 21° icon
PE 7° - 14° icon
Visit WeatherSA.co.za for a more detailed forecast.
 
What's Happening
Search by category
SCHOOLS
Find local schools
Groups / Clubs
Find local Groups / Clubs