TUIS >> Nuus >> Ander | Other >> Brawe man red bejaarde uit brandende huis
Brawe man red bejaarde uit brandende huis PDF Print E-mail
Written by Heilie Combrink   
Friday, 31 July 2009 11:21

Craig Botha (links) het 'n bejaarde vrou uit dié brandende huis gered. By hom is mnr. Marius Meintjes, skofbevelvoerder van KwaNobuhle Brandweerstasie.In snerpende koue met sneeu op die nabygeleë berge, het twee huise byna gelyktydig verlede Donderdag op Uitenhage afgebrand. By een van dié huise het 'n jong weermaglid sy lewe gewaag om 'n bejaarde vrou uit die huis te red.

Die Uitenhage en KwaNobuhle Brandweerspanne was besig om vure te blus by 'n huis in Hofmeyrstraat, Vanes toe hulle opdrag ontvang dat 'n ander huis in Van Riebeekhoogte brand.

Volgens Craig Botha van die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag en voorheen verbonde aan 121 Bataljon in Durban, was die bejaarde man reeds buite toe hy op die toneel kom.

"Ek het in die huis ingehardloop en die tannie in die rook sien staan. Ek het haar uitgehelp en weer ingehardloop om die hondjies te red," vertel Botha. 

By dié brand in Goede Hooplaan, Van Riebeekhoogte, het 'n jong paartjie wat 'n woonstel op die perseel gehuur het, al hulle besittings verloor. Die bejaarde egpaar mnr. en mev. Tommy en Nellie Klue, het in die  huis gewoon wat aan hulle seun, Michiel Klue behoort.

Die erg getraumatiseerde Klue-egpaar is tans by familie, terwyl die jong paartjie elders woonplek gekry het.

Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Last Updated on Friday, 31 July 2009 11:31