TUIS >> Nuus >> Ander | Other >> Marimbaklanke op U'hage
Marimbaklanke op U'hage PDF Print E-mail
Written by Heilie Combrink   
Friday, 23 April 2010 12:16

Die bekendstelling en stigting van die Suid-Afrikaanse marimbavereniging, marimbaNATION, word op 23 en 24 April by Hoërskool Strelitzia in Uitenhage gehou.
  Verskeie werkswinkels sal aangebied word deur professionele musici en daar sal ook ‘n besondere konsert gehou word.
  Met verteenwoordigers van so ver as die Wes-Kaap, Gauteng, KZN en die Oos-Kaap beloof hierdie naweek iets besonders te wees vir liefhebbers en spelers van dié instrument.
  Alle opvoedkundiges wat die moontlikheid oorweeg om marimbas vir hulle skool aan te skaf, sowel as marimba-spelers, musiekstudente en musiekliefhebbers is welkom. Buiten die werkswinkels sal die vervaardigers van die instrumente teenwoordig wees vir vrae en die instrumente kan selfs bespeel word.
  Die bekendstelling van die professionele vereniging onder leiding van Bret Pyper vind plaas op Saterdag, 24 April.
  Saterdagaand (24 April) se konsert sal beslis ‘n besondere hoogtepunt vir musiek-liefhebbers wees. Suid Afrika se klassieke marimba/perkussie speler, Magda de Vries, sal optree as die gaskunstenaar. Sy sal solowerke op haar orkesmarimba uitvoer asook saamspan met die Nelson Mandela Bay Symphonic Wind Orchestra onder leiding van Gareth Williams (Grey College).
  Dié konsert word in Hoërskool Strelitza se skoolsaal gehou om 19:30.
  Registrasie vir deelnemers sluit Dinsdag, 20 April en die koste is R50 en sluit toegang na al die werkswinkels in asook na die konsert.
  Vir meer inligting oor die onderskeie aanbieders van werkswinkels of bywoning, skakel Romey Aylward 0832612709 of This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it

Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."