TUIS >> Nuus >> Sportnuus | Sport News >> Spanne gesoek vir kaskar-wedrenne
Spanne gesoek vir kaskar-wedrenne PDF Print E-mail
Written by Heilie Combrink   
Friday, 21 August 2009 10:47

Dié jongspan is opgewonde oor die kaskar-wedrenne wat eersdaags in die Sondagsrivier-vallei gehou gaan word. Agter die stuurstang is  Gerhard Viljoen. Agter van links is   Benjamin de Bruin, Zanie de Bruin, Daniel de Bruin en Anton Bester.Foto: Michelle le RouxLaerskool Handhaaf se 85ste bestaansjaar word op 22 Augustus deur oud- en huidige skoliere en onderwysers, ondersteuners, ouers en vriende gevier met sport, 'n spitbraai en 'n geselllige saamkuier.

Kaskar-wedrenne sorg altyd vir groot vermaak  vir die toeskouers sowel as deelnemers. Dalk ietwat minder vir die deelnemers, want dié groot-kop-onderstebo-gestoot tap jou energie!

Die NG Kerk Sondagsrivier-Suid hou hierdie jaar ‘n fondsinsameling in die vorm van ‘n kaskar-wedren. Dié ou sport sal weer herleef word op 12 September 2009.

'n Totaal van tien kaskarre is deur mnr. Ruvaan Palm van RS ingenieurswerke gebou, waarin die spanne hulle vaardighede gaan wys.

Elke span bestaan uit 40 lede wat 'n roete van ‘n 7km moet voltooi. Dit beteken dat elke spanlid die kaskar vir sowat 180 meter voluit moet stoot. Elke seksie is ongeveer 60 meter lank en daar is vier seksies in ‘n rondte.

Vir spanne wat dié strawwe kompetisie probeer ontduik met 'n skelmstreek is daar spesiale "strawwe" wat uitgevoer moet word. So, hou eerder by die harde werk want die strawwe is veel erger.

NGK Sondagsrivier-Suid nooi dus alle belangstellende spanne uit om in te skryf - die kaskarre word voorsien! Vir meer oor die kaskar-wedrenne skakel Christo Viljoen 042 234 0383 of Natascha 083 449 4081.

Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."