TUIS >> Nuus >> Sportnuus | Sport News >> Fees van sport op Despatch
Fees van sport op Despatch PDF Print E-mail
Written by Heilie Combrink   
Wednesday, 07 April 2010 14:56

Hoërskool Despatch se 11de sportfees word eerskomende naweek aangebied en 32 skole gaan deelneem. Hier is mnr. Colin Bartle (skoolhoof) by (agter van links)  Ian van Huyssteen, Kris Roberts en Koenie Strümpher. Voor is  Twané Jonker, Stephanie Pretorius, Magdaleen Louw en Simoné Viviers.Hoërskool Despatch se sportfees word vanjaar vir die 11de keer aangebied. 'n Totaal van 32 skole gaan eerskomende naweek kragte meet in rugby, netbal en hokkie.  

Vanjaar se borge, die Nelson Mandela Metropool en Gap Management, maak deelname moontlik vir skole wat nie altyd die geleentheid kry nie. Sodoende sal spanne van Solomon Mahlangu en Molly Blackburn hulle talent wys. Ander skole wat vanjaar vir die eerste keer deelneem sluit in Stirling van Oos-Londen en Hoërskool Oudtshoorn se netbalspanne.
  Dié sportfees  bied 'n ideale geleentheid vir
afrigters om hulle spanne uit te sorteer. Alle wedstryde is by die sentrale sportgronde van Despatch.
  Rugbywedstryde skop môre om 12:00 af met die laaste wedstryd om 21:30. Saterdag se aksie begin om 08:00 met die laaste wedstryd om 18:00.
  Netbal begin môre 14:00  in die Ernst Swanepoelsaal en Saterdag om 08:00 op die dorps- en skoolbane. Hokkiewedstryde begin môre 12:00 en Saterdag om 09:00.
  ‘n Fees is natuurlik nie ‘n fees sonder heerlike eetgoed nie.  Saterdagoggend word daar ook ontbyt in die saal te koop aangebied

 

Only registered users can write comments!

!joomlacomment 4.0 Copyright (C) 2009 Compojoom.com . All rights reserved."

Last Updated on Thursday, 15 April 2010 14:57